Mooi [Afrikaans translation]
Mooi [Afrikaans translation]
Hoe raak jy aan die slaap?
Hoe begin jou dag?
Maak jy jou oë oop met 'n traan
of 'n lag?
En kyk jy om jou rond
en sien jy dan die son?
Of soek jy agter alles
na die skaduwee op die grond?
En lewe jy vir geluk
of sterf jy van smart?
En voel jy dat alles 'n keuse is
of dat jy nie kan kies?
dit maak nie regtig saak
of dit die waarheid is of nie
dit is hoe jy daarna kyk.
Hoe mooi kan die lewe wees
dit is maar hoe jy daarna kyk
Dit is maar wat jy droom
Hoe mooi jou werklikheid is
jy is net so ryk
so ryk soos jy voel.
Weet jy wat jy het?
Is die sirkel rond?
Sien jy wat daar is
of mis jy wat daar was?
Kry jy wat jy wil
of selfs meer as wat jy vra
is jy tevrede met die minste
of is die meeste nie genoeg?
Raak jy verwondered oor sneeu,
van die ritseling van die wind?
Geniet jy die voëltjies
en die lag van 'n kind?
maak jy jou geluk
want binne in jouself
is waar dit eindig en begin.
Hoe mooi kan die lewe wees
dit is maar hoe jy daarna kyk
Dit is maar wat jy droom
Hoe mooi is jou werklikheid
jy is net so ryk
so ryk soos jy voel.
so ryk soos jy voel. x 2
- Artist:Marco Borsato
- Album:Evenwicht