Brand Suid Afrika lyrics

Songs   2025-12-07 19:41:24

Brand Suid Afrika lyrics

Vir jou is daar nog messe wat wag,

In die bosse buite jou huis in die nag,

Ons sal mos veilig wees, ons sal mos veilig wees,

Ons hou ons gewetens skoon en sluit toe die deur

Ons het petrol gevat

En ons het al ons brûe afgebrand

Voor dat ons aan die anderkant was

En ek besef nou

En ek besef nou eers

Bloed en yster, bloed en grond

Bloed en olie, bloed en grond

Bang en lui en desperaat

Daars niks nuuts onder die son nie

En in die skaduwee brand Suid-Afrika

Wat weet ek van eerlik wees?

My gewete syfer deur

My wakker lewe is deur die ou man se geheue

En ek besef nou

En ek besef nou eers

Bloed en yster, bloed en grond

Bloed en olie, bloed en grond

Bang en lui en desperaat

Daars niks nuuts onder die son nie

En in die skaduwee brand Suid-Afrika

En ek besef nou

en ek besef nou eers

Die Ossewa Brandwag

het gisteraand die munisipaliteit opgeblaas

Bloed en yster, bloed en grond

Bloed en olie, bloed en grond

Bang en lui en desperaat

Daars niks nuuts onder die son nie

En in die skaduwee brand Suid-Afrika

En ons vir jou

En ons vir jou

Landmyne van skuldgevoelens

in 'n eenman konsentrasiekamp

jy kla oor die toestand van ons land

wel fokken doen iets daaromtrent

Brand Suid-Afrika

See more
Fokofpolisiekar more
  • country:South Africa
  • Languages:Afrikaans
  • Genre:Alternative, Rock
  • Official site:http://www.fokofpolisiekar.co.za/
  • Wiki:https://af.wikipedia.org/wiki/Fokofpolisiekar
Fokofpolisiekar Lyrics more
Fokofpolisiekar Featuring Lyrics more
Excellent Songs recommendation
Popular Songs
Copyright 2023-2025 - www.lyricf.com All Rights Reserved