Antibiotika lyrics

Songs   2024-11-14 17:36:19

Antibiotika lyrics

Dit was 'n gelukskoot.

Volksmoord vermy.

Wie sê Afrikaans is dood?

Jammer meneer, ek het my les geleer.

Die goddelose het geen heenkome.

Ruik soos tienergees,

'n bleeksiel tussen die spoke.

Donker Afrika is net donker

vir die met oogklappe aan,

Hy wat nie kan dink,

Wie se harsings hard en stowwerig is.

Mik vir my hart!

Dit pomp wildernis hier binnekant.

Ek's net 'n toeris

in my geboorteland,

'n gekwesde dier in 'n hok

op antibiotika.

Dis die waarheid wat my geweld aandoen.

Ek leef in ongeloof.

My leed is eindeloos.

Wil jy stilstaan as ek voortgaan?

Wil jy stilstaan as ek voortgaan?

Hoe kan mens dink as jou hande altyd vasgebind is?

Mik vir my hart!

Dit pomp wildernis hier binnekant.

Ek's net 'n toeris

in my geboorteland,

'n gekwesde dier in 'n hok

op antibiotika.

Mik vir my hart!

Dit pomp wildernis hier binnekant.

Ek's net 'n toeris

in my geboorteland,

'n gekwesde dier in 'n hok

op antibiotika.

See more
Fokofpolisiekar more
  • country:South Africa
  • Languages:Afrikaans
  • Genre:Alternative, Rock
  • Official site:http://www.fokofpolisiekar.co.za/
  • Wiki:https://af.wikipedia.org/wiki/Fokofpolisiekar
Fokofpolisiekar Lyrics more
Fokofpolisiekar Featuring Lyrics more
Excellent Songs recommendation
Popular Songs
Copyright 2023-2024 - www.lyricf.com All Rights Reserved