Soutwater lyrics

Songs   2024-07-02 05:33:08

Soutwater lyrics

Ek is nou net soos 'n man

gehawende ruïne, waar daar eens lewe was.

'n heiden wie se lippe,

op 'n plek, op 'n tyd,

in joune kon verdwyn,

en weer bekering kry.

Die windpomp draai,

maar daar is niks,

net stof in die krane.

Ek kort jou liefde om my dors te les,

want hier is net trane.

Ref.:

Ek is dors,

ek raak verlore in die strate waar ek bly

Ek is dors,

ek wil dronk raak op jou wyn.

Maar hier waar ek bly,

is dit net soutwater en woestyn,

net soutwater en woestyn.

Ek is nou nog net soos `n man

'n verlate huis waar daar eens lewe was.

Mure gevul met samesyn,

op `n plek, op `n tyd.

Jy was my oase in die woestyn.

Die windpomp draai, ek sukkel om te slaap.

Ek kort jou boesem om my kop te rus,

hier is net klippe en sand.

Ref.:

Ek is dors,

ek raak verlore in die strate waar ek bly

Ek is dors,

ek wil dronk raak op jou wyn.

Maar hier waar ek bly,

is dit net soutwater en woestyn,

net soutwater en woestyn.

See more
Bok Van Blerk more
  • country:South Africa
  • Languages:Afrikaans
  • Genre:Pop-Folk
  • Official site:
  • Wiki:http://en.wikipedia.org/wiki/Bok_van_Blerk
Bok Van Blerk Lyrics more
Bok Van Blerk Featuring Lyrics more
Excellent Songs recommendation
Popular Songs
Copyright 2023-2024 - www.lyricf.com All Rights Reserved