Pretoria lyrics

Songs   2024-07-05 06:04:49

Pretoria lyrics

So stadig loop ons deur die pers Jakarandas

wat val, die bome word kaal.

Pa staar na die beeld van ou Botha wat reis op sy perd

Hy wonder was bloed soveel werd

Soveel jare dra hy aan die naam van 'n plek

Soveel jare moet ons nou laat gaan

---Koor---

Pretoria, jy was nog altyd daar

Want jy lê in my kluis, ek noem jou my huis

Ek vergeet nooit jou naam

Pretoria, wat as my kind my vra

Is die naam dan so erg, so bitter en sleg

Hoekom gooi jul dit weg

Genadig staan ons by oom Paul op die plein

en voel klein. God het ons bewaar

Maar stadig loop trane so stil deur my moeder sy vra

En wonder was ons dan niks werd

Soveel jare dra sy aan die naam van 'n plek

Soveel jare moet ons nou laat gaan

---Koor---

En ek weet dat die land moet bestaan almal saam,

Maar dit maak soveel mense seer

As al daai ou name vergaan

Pretoria, Pretoria ek vergeet nooit jou naam

See more
Lianie May more
  • country:South Africa
  • Languages:Afrikaans
  • Genre:Pop
  • Official site:
  • Wiki:
Lianie May Lyrics more
Lianie May Also Performed Pyrics more
Excellent Songs recommendation
Popular Songs
Copyright 2023-2024 - www.lyricf.com All Rights Reserved