Toe stop my hart

Songs   2024-07-02 23:37:04

Toe stop my hart

Ek het gedroom van ‘n plek

waar die son nooit gaan set.

Jy was daar in ‘n tronk

en ek moes jou kom red,

my babie, met als wat ek het, my babie.

En ek mis jou vanaand

in hierdie hel van ‘n plek,

mis jou te veel om te sê.

Ek voel ‘n mes teen my nek

en my asem raak min, my babie.

Ek vra jou maak gou, my babie.

Toe stop my hart.

Toe stop my hart by jou.

Ek het ver geloop vir jou.

Ek het lief geword vir jou

en in my hart is daar ‘n plek gehou.

Ek sal vir jou alles gee.

Ek sal jou trane wegvee.

Dit alles vir jou.

Daar was te veel om te sê,

te veel wat jy nie wil weet.

Maar spyt kom altyd te laat.

Ek sou jou nooit kon vergeet.

As ek alles kon terugdraai, babie,

sou ek my wou terugwaai, babie,

Tot hier by my, soos dit was,

waar ons ‘n lewe kon bou,

waar ek jou styf vas kon hou.

Maar dis nou flenters en rou.

Op jou sal ek nooit kan opgee, babie.

Dit belowe ek jou, my babie.

Toe stop my hart.

Toe stop my hart by jou.

Ek het ver geloop vir jou.

Ek het lief geword vir jou

en in my hart is daar ‘n plek gehou.

Ek sal vir jou alles gee.

Ek sal jou trane wegvee.

Dit alles vir jou.

Want elke tree saam met jou, my babie,

los ons al die seer agter ons, babie.

Toe stop my hart.

Toe stop my hart by jou.

Ek het ver geloop vir jou.

Ek het lief geword vir jou

en in my hart is daar ‘n plek gehou.

Ek sal vir jou alles gee.

Ek sal jou trane wegvee.

Dit alles vir jou.

See more
Lianie May more
  • country:South Africa
  • Languages:Afrikaans
  • Genre:Pop
  • Official site:
  • Wiki:
Lianie May Lyrics more
Lianie May Also Performed Pyrics more
Excellent Songs recommendation
Popular Songs
Copyright 2023-2024 - www.lyricf.com All Rights Reserved