Klipgooi Glashuis lyrics

Songs   2025-03-29 15:25:07

Klipgooi Glashuis lyrics

Moenie bang wees nie gee jouself weg

Vir absoluut niks nie

Word deel van die battery waarna niemand sal luister nie

Ons is in elk geval

Dieselfde

Koolstof kopieë met slange vir vriende

Dwelms is skelm en het al my woorde gesteel

Ons soek 'n podium

Iets van betekenis nou dat ons ouer is

Word die rook al hoe dikker in

My longe ingeasem

Doen ons Prozac in plaas van Ritalin, drink ons op jou wat sy drome kan onthou

Jy's nie generies nie, ek's net pateties dis redelik frusterend maar ek wil net iets warm vashou

Die emosionele hel

Waarin ek myself bevind nou dat ons kouer is

Word die rook al hoe dikker in

Ons atmosfeer in gebliksem

'n Weermag hyskrane op die horison beskerm jou deur om jouself toe te bou

Vasgepleister in woonkamers in voorstede soek ons grasie van ons doemprofete

Ek lys my nuweweeks-voornemings magteloos

Verplig en beskuldig, inspirasie vasgeverf in wit, nou dat ons, ons ouers is

Word die rook al hoe dikker in

My longe ingeasem

Doen ons Prozac in plaas van Ritalin, drink ons op jou wat sy drome kan onthou

See more
Fokofpolisiekar more
  • country:South Africa
  • Languages:Afrikaans
  • Genre:Alternative, Rock
  • Official site:http://www.fokofpolisiekar.co.za/
  • Wiki:https://af.wikipedia.org/wiki/Fokofpolisiekar
Fokofpolisiekar Lyrics more
Fokofpolisiekar Featuring Lyrics more
Excellent Songs recommendation
Popular Songs
Copyright 2023-2025 - www.lyricf.com All Rights Reserved