Crucify Your Mind [Afrikaans translation]

Songs   2024-07-03 08:29:18

Crucify Your Mind [Afrikaans translation]

Het 'n jagter of 'n speler

jou die koste maak betaal?

Wat nou ontspanne posisies inneem,

en jou verlies prostitueer?

Het jou eie dors jou gemartel

in daai plessiertjies wat jy jag,

wat jou aandag eens Geboei het

en jou nou so Onbemag?

En jy beweer jy't nou ietsie aan die gang,

jy verwys daarna as uniek,

maar ek sien jou self-bejammering

as jou trane oor jou wange giet.

Binnekort -weet jy- los ek jou

En terugkyk sal ek nooit,

Want die doelwit van my lewe

kruisig jou verstand.

So bedrieg, oortuig jou spieëltjie

nes jy maar nog altyd maak

Deur lewe gee aan skadu's,

lewe gee sonder maat.

En jy aanvaar dat jy my iets kan aanbied,

glinster geheime en boonop nuut.

Maar hoeveel van jou is net herhaling

nie ook gefluister in sy oor?

See more
Sixto Rodríguez more
  • country:United States
  • Languages:English, Spanish
  • Genre:Country music, Psychedelic, Rock
  • Official site:http://www.rodriguez-music.com/
  • Wiki:http://en.wikipedia.org/wiki/Sixto_Rodriguez
Sixto Rodríguez Lyrics more
Excellent Songs recommendation
Popular Songs
Copyright 2023-2024 - www.lyricf.com All Rights Reserved