Skildery lyrics

  2024-06-02 20:21:27

Skildery lyrics

Met water en kleure van liefde

Geduld en 'n rustige hart

Dink ek aan jou mond

Jou lippe en ons belofte

Met skadu's en die lig van 'n liefde

Wat skyn uit die dieptes van jou

Weet ek dit is reg

Wat ek nou moet verf

Die lyne getrek

Die lap teen die muur hang en staar al vir ure na my

Ek het n idee van n prent om te verf

Maar ek kan nie die kleure kry nie

Die lap wat daar hang is nog leeg

En eks bang want ek weet ek verf buite die lyne

Maar sal jy die prent wees wat ek verf

In my skildery

In my skildery

Geduldig vol liefde en rustig lê ek

Elke deel van jou neer

Want dit wat ons het, is veel meer as net

Dit was woorde kan sê

Die lap teen die muur hang en staar al vir ure na my

Ek het n idee van n prent om te verf

Maar ek kan nie die kleure kry nie

Die lap wat daar hang is nog leeg

En eks bang want ek weet ek verf buite die lyne

Maar sal jy die prent wees wat ek verf

In my skildery

In my skildery

Al maak ek foute

Sal ek weer begin

Die lap teen die muur hang en staar al vir ure na my

Ek het n idee van n prent om te verf

Maar ek kan nie die kleure kry nie

Die lap wat daar hang is nog leeg

En eks bang want ek weet ek verf buite die lyne

Maar sal jy die prent wees wat ek verf

In my skildery

In my skildery

See more
Nádine (South Africa) more
  • country:South Africa
  • Languages:Afrikaans, English
  • Genre:Pop
  • Official site:
  • Wiki:https://en.wikipedia.org/wiki/N%C3%A1dine
Nádine (South Africa) Lyrics more
Nádine (South Africa) Featuring Lyrics more
Excellent recommendation
Popular
Copyright 2023-2024 - www.lyricf.com All Rights Reserved