Tyd lyrics

  2024-06-02 19:55:24

Tyd lyrics

Ure, minute, sekondes saam jou

Ek wil elke oomblik onthou, die hier en die nou

In die oggend maak die son my wakker

Ek sien jou, ek kyk hoe jy slaap

My rede om wakker te raak, niks anders maak saak

Al waar ek wil wees is hier by jou

Sluit die koue daar buite heel uit

Want jy is al wie ek wil sien

As die tyd moet stil staan nou

Sal ek steeds aan kan hou

Om lief te kry saam jou

Want my hart is geseël met jou soen

As die tyd moet terug draai hier

Sal ek niks verander nie

Ek sal jou aanhou liefhê

Niks beteken vir my meer as net hierdie tyd saam met jou

Weke en maande en jare saam jou

Ek wil elke oomblik onthou, die hier en die nou

In die aande maak die maan dit ligter

Jy sien my jy kyk hoe ek staar

In jou see van liefde vergaan, maar jy neem my hand

Al waar jy wil wees is hier by my

Sluit die koue daar buite heel uit

Want ek is al wie jy wil sien

As die tyd moet stil staan nou

Sal ek steeds aan kan hou

Om lief te kry saam jou

Want my hart is geseël met jou soen

As die tyd moet terug draai hier

Sal ek niks verander nie

Ek sal jou aanhou liefhê

Niks beteken vir my meer as net hierdie tyd saam met jou

Ek sal jou altyd liefhê

Ohh oh

As tyd moet stil staan nou

Sal ek steeds aan kan hou

Om lief te kry saam jou

Want my hart is geseël met jou soen

As die tyd moet terug draai hier

Sal ek niks verander nie

Ek sal jou aanhou liefhê

Niks beteken vir my meer as net hierdie tyd saam met jou

See more
Nádine (South Africa) more
  • country:South Africa
  • Languages:Afrikaans, English
  • Genre:Pop
  • Official site:
  • Wiki:https://en.wikipedia.org/wiki/N%C3%A1dine
Nádine (South Africa) Lyrics more
Nádine (South Africa) Featuring Lyrics more
Excellent recommendation
Popular
Copyright 2023-2024 - www.lyricf.com All Rights Reserved